|
|
|||
|
||||
OverviewIn die vroeë 1940's het die charismatiese Hans van Rensburg duisende volgelinge na die Ossewabrandwag gelok en die regering van Jan Smuts gekonfronteer oor sy deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Onder sy leierskap word etlike sabotasiedade deur die Stormjaers en Terreurgroep, die OB se militêre vleuels, gepleeg. Van Rensburg het ook in die geheim kontak met die Duitse regering gemaak. Teen 1940 was Van Rensburg egter nog deel van die regering: As die jongste sekretaris van justisie ooit en administrateur van 'n provinsie is hy as 'n goue seun van die politiek beskou. Waarom was hy só vurig oor die ideaal van 'n onafhanklike republiek dat hy dit alles prysgegee het en 'n koers ingeslaan het wat uiteindelik van hom 'n verstoteling sou maak? Van Rensburg word dikwels as 'n verbete Afrikanerfascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In hierdie biografie belig Albert Blake die vele kante van 'n man wat nie net bekend was as regsgeleerde, filosoof en taalkundige nie, maar ook as uitstaande militaris en wildjagter. Op die hoogtepunt van sy gewildheid kon geen ander Afrikanerleier by die begaafde Van Rensburg kers vashou nie. Blake ondersoek waarom hy uiteindelik egter die stryd om die hart van die Afrikaner sou verloor. Full Product DetailsAuthor: Albert BlakePublisher: Jonathan Ball Publishers SA Imprint: Jonathan Ball Publishers SA Dimensions: Width: 15.20cm , Height: 1.50cm , Length: 23.30cm Weight: 0.500kg ISBN: 9781776190867ISBN 10: 1776190866 Pages: 352 Publication Date: 21 July 2021 Audience: General/trade , General Format: Paperback Publisher's Status: Active Availability: In stock We have confirmation that this item is in stock with the supplier. It will be ordered in for you and dispatched immediately. Language: Afrikaans Table of ContentsReviewsAuthor InformationAlbert Blake is ’n gewilde niefiksieskrywer wat al sewe boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkopers Boereverraaier (2010), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en ’n biografie van Robey Leibrandt (2019). Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer. Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng. Tab Content 6Author Website:Countries AvailableAll regions |